Om te onderteken, **klik [hier](https://github.com/rms-support-letter/rms-support-letter.github.io/new/master/_data/signed)** en benoem die leêr `<gebruikersnaam>.yaml` (vervang `<gebruikersnaam>` met jou gebruikersnaam). Laat die leêr die volgende bevat:
```yaml
name: <jounaamhier(opsioneeljouorganisasie)>
link: <skakelnajouprofielofwebtuiste>
```
Sonder die `<>`.
Byvoorbeeld:
```yaml
name: Example name (Good company)
link: https://github.com/example_username
```
Moet nie `<>` of enige nie-ascii simbole in die leêr gebruik nie (dit beteken geen leestkens soos kappies, akkutte of gravisse nie). As jy jou epos-adres as skakel wil gebruik, maak seker jy sit die teks `mailto:` voor jou adres. As jy kan, gebruik asseblief jou regte naam en sit die organisasie waarmee jy geaffilieerd is in hakkies daarby.
Klik dan op **Propose new file** en gaan dan deur die daaropvolgende blaaie om 'n merge request te maak.
Alternatiewelik, vurk en kloon hierdie repository, maak die leêr `_data/signed/<gebruikersnaam>.yaml` jouself, en commit en maak dan 'n pull request.
As jy die ope brief **sonder Github** wil ondersteun, gaan hier: https://codeberg.org/rms-support-letter/rms-support-letter/issues/1, of stuur 'n signed patch aan [signrms@prog.cf](mailto:signrms@prog.cf) of [~tyil/rms-support@lists.sr.ht](mailto:~tyil/rms-support@lists.sr.ht).
As jy visuele hulp benodig, kyk [hierdie](https://invidious.snopyta.org/watch?v=1lz5S5oS8CU) video.
Laat ons die toon verm en professioneel hou.
As jy kan, oorweeg dit om díe brief in jou forums en sosiale media te versprei. Laat weet ook asseblief joernaliste wie jy dink behulpsaam aan ons saak kan wees.
**Alle handtekeninge sal binne 12 ure verwerk word. Dit as gevolg van hoë volumes pull requests.**